



Afrikaanse musiek is vir baie mense deel van hulle lewens wat hulle menswees help ontwikkel het. Vonk Musiek bestaan sedert 2006 en sy heel eerste kunstenaar was Gerhard Steyn. Vonk werk met kunstenaars wat groot is in Afrikaans soos Stef Kruger, Richard van der Westhuisen, Juan Boucher, Anton Goosen, Jan Rhaap, Hennie Jacobs en nog vele meer. Ons spog met opwindende speellyste vir elke perfekte geleentheid van visvang, braai, sokkie en selfs iets vir die langpad. Dis hier waar Afrikaans vlamvat. Speel dit Vonk-en-hard!